Tafelmaniere…..don’t get me started!

My Ma het mos Victoriaans grootgeword, meer so wyle Ouma Bertha wat my op ouderdom 5 geleer het hoe om koffiebone te rooster. En wat op ‘n oop herd in die kombuis gekook het. Ek het met potjiekos grootgeword.

En ons het goeie maniere gehad nog voordat ons tande weer kon uitkom.

Etenstyd het ons onself eers bietjie netjies gaan maak en op die heetste somersdag eers gaan hande, voete en gesig was by die lampetkom en-beker, dan ‘n hemp en skoene of sandale gaan aantrek. ‘n Mens eet nie kaalvoet nie en jy praat nie met ‘n mond vol kos nie.

Jy sit stil.

Jy eet toemond, hande onder die tafel. Sit regop, vra beleef dat iemand brood of botter of die kaiings of korrelkonfyt moet aangee. Mens rek nie oor ‘n tafel nie.

Niemand klouter oor meubels nie en mens hardloop nie binne die huis nie. Mens gaan sit net as die grootmense reeds gaan sit het en staan dan op as daar ‘n dame inkom.

As iemand verjaar, kom daar ‘n Afrikanertjie of kappertjie of katjiepiering by sy bord in ‘n klein soetwynglasie met water. Die personeel, bure en die posbode, melkman en buurman slaan nie hard op blikke met stokke nie. En hulle rap nie maar tafelgaste mag moontlik gedemp en ordelik "Veels geluk Liewe Maatjie" sing.

Wanneer die gasvrou aanbied, mag jy ‘n tweede keer skep. Jy vra nie uit jou eie nie. Hulle hou dalk die oorskiet vir vanaand of more. Afrikaners het nie almal wynplase of werk by Buitelandse Sake of die SAL nie.

Jy eet toemond.

Jy praat nie met ‘n mond vol kos nie.

Jy slurp nie drinkgoed nie.

Jy lek nie die poedingbakkie uit nie, of sit dit heel in jou mond soos Stefaans op oorle Oom Giepie-hulle se 25e Herdenking nie. Tydens ‘n dinee met satyntafeldoeke, kristalglas, silwer en Noritake.

Oorle Ma het 1974 ‘n Constantia eetstel gekry. My kleinkinders eet nog daaruit vandag. Dit lyk amper soos Delft, net ligblou op wit.

By die werk eendag kom die IT Departement se manne uit Petoorsdorp of Pietoria soos hulle op Jakaranda sê. Daar is ‘n netjiese, blas jongman wat besonder aantreklik is. Teetyd is al die dames se fokus op die een hoek van die oop teekamer. Die kampioensjef het ‘n vingerete voorberei, gemeste kalf as voorgereg. Die Don Juan neem en eet. Dit klap kliphard dertig meter verder. ‘n Honderd staflede staan verstom oor die mondlawaai. Die pragtige jong man gaan nie gou pa word nie want sy ma het hom nie maniere geleer nie.

Ons grêndste tannie het in Tiervlei gewoon, naby die Parow Centre en Tygerberghospitaal. Sy kon die smaaklikste Sondagkos elke dag van die week voorsit en met die grootste styl tafel dek. Die Administrateur in Leeuwenhof het nie só aangesit vir ete nie. Wyle Oom Hans Rabie, LV vir Worcester, het altyd gesê "as jy arm is, moet jy grênd wees."

Onsvolk het nie meer maniere nie en ek vermy gesinsrestaurante. Anderdag in die Parlement gesien in die Opposisie se eetkamer niemand hardloop daar of klim op die tafels nie. Dalk vorder jou kind tot daar, leer hom of haar nou maniere. Mens leer makliker as jy net drie jaar oud is.

Ons dominee by daai klein kerkie oorkant die Sentraalgevangenis het eendag sy preek onderbreek en eers die gemeente ‘n ferm lesing gegee oor kinders wat stout was in die kerk. Ek was ook stout in die kerk, in 1967. En ek onthou daai pak slae vandag nog, in 2020.

Lees wat skryf Dr Christa van Staden uit Qazaqstan.

Ek en manlief sit ons gereeld en verstom oor die manier waarop Qazaq-kinders hulle in restaurante gedra.

Nou moet ek eers vertel waarmee ek vergelyk.

Ons is gewoond daaraan dat dit een kakofonie van klank is wanneer ons saam met ons kleinkinders na ‘n sogenaamde familie-restaurant gaan.

Hoor en sien vergaan terwyl ouers gesels en kinders lag en speel. Kinders hardloop gillend tussen die tafels deur. Vrolik en opgewonde oor die uitstappie.

En die meeste restaurante het speelplekke waar die kinders besig gehou word. Met oppassers.

Ons gaan nooit na familie restaurante as ons twee alleen is en lus is vir uiteet nie. Dan soek ons stilte en sagte musiek dankie en asseblief …

Veral omdat die gesegde van lekker lag kom lekker huil gereeld in familie restaurante bewaarheid word.

Dan kom kinders huilend na ouers aangehardloop as iets iewers verkeerd gegaan het. Met die gevolg dat ouers al uit restaurante verban is toe hulle by die saak inmeng. Spur …

Na ‘n uitstappie saam met die kinders en kleinkinders na ‘n familie restaurant is ons ore moeg, maar ons harte vol. Elke stukkie weer volgepak.

Ek is meer een vir stilte, dus verkies ons kuiers by een van die gesinne aan huis. Sommer myne, dan kan die kleinkinders lag en speel en raas en baklei en huil en drukkies gee. Ek maak met ‘n lied in my hart skoon as hulle gaan.

Liefietyd word nie aan skoonmaak gekoppel nie.

As ek manlief alleen na ‘n fanilie restaurant gaan, is huis ons ore moeg as ons huistoe gaan.

Het jy al so gevoel?

Wel, hier eet ons gereeld in familierestaurante. En ons ore word nie moeg nie.

Die eerste keer toe ons in ‘n restaurant in is waar kinders is, wou ons sommer omdraai en loop.

Die ding is, dit is lekker as dit saam met jou kleinkinders is. Dan skakel jou hele lewe in ouma-rat in. As jy kon, het jy saam gehardloop en gelag en gespeel.

Hier is nie gillende, jillende kinders nie. Nie in restaurante nie. Niemand hardloop hier rond in restaurante nie.

https://christavanstadencom.files.wordpress.com/2020/02/img_0147.jpg?w=420

Die outjie in blou het net so stil op die stoel in KFC gesit terwyl sy ouers bestel het. En glo my, bestel is ‘n proses in ons KFC, niks word gou gedoen nie.

Natuurlik wil ek weet hoe die ouers dit regkry. Ek was goed kwaai toe myne klein was. En ‘n hou op die boud het gehelp om hulle te laat luister as hulle wil rond wil hardloop. Want sien. Hulle moes tafelmaniere leer.

Hier lyk ma en pa nie kwaai nie. Tog sit die kinders die hele ete by hulle aan tafel. Drie foto’s is by die nuwe mall geneem (twee bo links en een onder).

Daar wag mens vir jou kitskos. Almal sit, eet en stap later saam met hulle ouers uit. Hoe doen hulle dit?

Volgens my vriendin het hulle almal fone voor hulle om hulle besig te hou. Ons het dit nog nie gesien nie. Inteendeel, ek het al ma’s op hulle fone gesien wat geen aandag aan die kinders by hulle gee nie. En die kinders is steeds soet en vroom aan die tafel.

‘n Moontlikheid is dat die gemeenskap saam kinders groot maak. Hoe kom ek daarby uit?

Volgens my Suid-Afrikaanse vriendin hier is sy al in ‘n restaurant aangespreek om te sorg dat haar kinders stil sit by die tafel.

En as hulle nie stilsit nie, neem die gemeenskap oor om pa’s en ma’s met die opvoedingsproses te help. Deur seker te maak hulle weet hoe om in restaurante op te tree.

Ek wil nie eers dink aan die fiasko wat in Suid-Afrika sal volg as ‘n ouer oor ‘n kind in ‘n restaurant aangespreek word nie.

Tog wonder ek, is dit hoe goeie maniere aangeleer word? Wat sê daardie een Engelse gesegde? It takes a village to raise a child?

Hierdie village doen goed daarmee. Ek wil dan net sê:

> Doet so voort!
>

Ek moes net die grootste foto op die collage plaas. Die tweetjies het mekaar met sneeuballe gegooi terwyl hulle op die bus wag. Kyk net die mooie kleertjies om hulle teen die wind en weer te beskerm.

Hooffoto: ‘n Huisie in die stad, verdwerg agter hope sneeu! Met twee kinders wat in die koue op die sneeu baljaar. Al glyend van die hope sneeu af …

Add a comment to this post: http://christavanstaden.com/2020/03/04/qazaq-kinders-en-restaurantmaniere/#respond

Published by Pete

Aspiring Author & Traveller.

5 thoughts on “Tafelmaniere…..don’t get me started!

  1. KInders word gesien en nie gehoor nie! Daar is net nie meer daardie hegte familie etes waaraan ons gewoond is nie. Almal sit sommer hier daar en enige plek. Sussa kyk TV Mamma kyk na boodskappe op FB en Pappa lees laaste ekonomiese probleme op sy foon. Hoe verwag hul dat as hul uiteet om almal rustig aan tefel te sit en te eet? Mens kan boekdele skryf hieroor.

    Like

    1. Ons het altyd vyfgang tafelgedek al was dit net vir sardyne op roosterbrood vir aandete. In ons huis eet mense ordentlik.

      Like

Comments are closed.

Linux Newbie - since 1996

Rule of Thumb – if you can’t install Ubuntu on it, then you can’t install any Linux Distro on it.

Kdecoration

Kdecoration Arts & Crafts Supplier

olivjay

This WordPress.com site is the cat’s pajamas

GodsReal.org

End Times News

(Metanoia)

Fan of GOD

Renard's World

My Personal Space On The Web To Post Anything That Tickles My Fancy

Linux Academy Online

Spreading Linux OS knowledge the Best-Known and Most-Used Operating System

Morag Noffke

Life is a gift, be inspired and let it happen.

The Ubuntu Incident

Ubuntu Adventures

followingmessiah.org

"Proclaiming the Message of the Kingdom and teaching Jesus (Yeshua) to the world""

It's FOSS

A Linux and Open Source Web Portal

CubicleNate's Techpad

Linux and vintage tech

Afrikaans

My Taal

Wat op aarde?

deur Elise Tempelhoff

She’s inspired

Inspired to inspire

Life...Take 2

I hope that someone sees this page and decides not to give up...

linuxworld

free online magazine

Trains and Railways with JC

An updating site of collections from around the globe

ESL Ventures

Teach ESL and Travel the World

GlamTrains

Going Somewhere Slowly

UndeniablySara

Survive Narcissistic Abuse, fight Chronic Illness, and begin to Heal.

Life Behind The Wall

Thoughts and Experiences of a Black American Woman in China

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

ALYAZYA

A little something for you.

Bag Full of Rocks

My rocks are the memories from different adventures. I thought I would just leave this bag here.

RADIO PROPAGANDA

'If you must live all your life crawling like a worm, raise up and die!' - Jim Morrison

Dr. Christa van Staden

Trots Afrikaans

Yamato Magazine

History, pop culture and art combine in a journal dedicated to the spirit of Japan.

Woestynkind

Die wandelende opinie

TheDroidWay | Best android Apps, tricks and android apps for PC

Learn android tricks, best android apps, android apps for PC, android app reviews, android tutorials and many more

WhimSickle

A whimsical sickle.

Everything is a Miracle

You are everything You need

Think n Be Rich

Thought become things

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Daily Keto 4U

Delicious Keto Recipes Everyday

The H2DI Group

Write Good. Blog Better.

The Happiness Nerd

Discussing Paths Towards Happiness

S O M E K I N D O F 5 0

Drawing a line through 50

Annabella's Foodblog

Voor de lekkerste bak recepten!

Lluís Bussé

Art | Culture | Photography | Poetry

Ana Seas The Day

Your Personal Travel Coach. Grow Through Travel

Telling Hearts

Evangelical Christian sisters telling it... messy, true, and WONDERFUL because we are His

Endless Roaming

Australian Traveller that loves to "Roam" our globe, creator of ENDLESSROAMING.COM sharing the experience through word and photography. Currently residing in my home of Newtown Sydney but hope to be back on the road late 2020. Feedback / questions are more than welcome, happy travels

Chocoviv’s Lifestyle Blog

Mommy blogger, who loves to share what she loves!

Reymon de Real Photography

Amateur photography by a professional Physical Therapist!

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: