Nare Hare

Op ‘n dag herken ek myself nie in ‘n groepfoto nie. Vir dekades het ek nooit in ‘n spieël gekyk nie. Ek was my hare elke keer as ek stort en vryf my vier hare droog deur my vingers daardeur te trek.

My Darlingmost Wificle het sulke lang, digte auburn hare. Somtyds kry die auburn bietjie hulp, soos toe ek haar twaalf, dertien jaar gelede oortuig het om dit gitswart te maak.

Toe was dit net mooiste kwadraat. Maar toe pla die mans en sy loop en soek ramrekkies. Party mans kan nie ‘n 55-jarige gelukkig getroude vrou met rus laat nie. Vrou wat getroud is met ‘n man wat baie pryse gewen het vir goed skiet tot op duisend treë.

En toe moes myne mos ook, Kaye wil pop speel met my. Toe bel Oupa uit Woester uit. 67 minute later was my kopvel lepirtprint. Toe dra ek vir twee weke my bysbolkep selfs bed toe.

Hier is ‘n ou wat al onder ‘n ramrekkie deurgeloop het. In 1988 vra hy my R20 om my drie dapper hare te sny. Ek het nou nog ‘n skokstuipe.

My mysikint en haar maaqi het mos met kokipenne en Bic-penne op my kop geskryf, dan moet ek raai wat daar staan. Hulle was so vyftienerig en giggelende bleskunstenaresse. En Pa geniet die aandag. Kaye maak die beblomde bles weer skoon met Nivea-room.

Op ‘n dag gel gekoop en penikis ingesit. Op ‘n bles. Laat die tieners speel.

Dan teken Nina en Sam weer blomikis. En die bles blom.

Stap en eendag in by ‘n haarkapper op Kroonstad en sê in ‘n grappie dat ek seker net halfprys hoef te betaal. Twee minute en vyf Rand later, stap die nuwe skilderdoek uit in die Vrystaat se yl soniki.

Ramrekimaniki van Dorpstraat, dís hoe mens met klante werk! Jy buit hulle nie uit nie.

Kaye se klante koop net by haar solank die auburn lank en welig groei. Sny sy 2cm af, herken sommige haar mos nie. Nou sal julle wonder waar ‘n bles oupa aan harestories kom. Lees hier wat Dr Christa skryf uit Ysbekistan.

Post : My hare en haarkapsters
URL : http://christavanstaden.com/2020/02/19/my-hare-en-haarkapsters/
Posted : 19th Feb 2020 at 10:00 am
Author : Dr Christa van Staden
Tags : haarkapsters
Categories : Joernaal

Ek het verlede week so gelag vir die beskrywing wat een van my blogvriendinne, Hester, van haar moedswillige hare en haar uitstappies na haarkapsters toe het gegee het, dat ek nou lus is om sommer ook my eier in die mandjie te sit.

Ek het groot geword in ‘n huis waar ons verbied was om ons hare te sny. My ma mag ons kuiwe gesny het en die punte. Maar volgens my pa was ons nie seuns nie en ons hare moes lank wees.

Dus het ek tot na matriek lang hare gehad. Swartes.

‘n Tannie vra een keer voor my pa vir my waarom ek swart hare het. En my jongste sus blondes. Die insinuasie was dat sy nie hulle kind kon wees nie. Hulle het, soos ek, swart hare.

Ek spot toe terug en sê dat my pa se dye opgeraak het. Is dit nou nie ‘n goeie verduideliking nie?

Ek verpes sulke dom vrae. Of is dit nou eintlik die suggestie in die vrae?

Simpel vrae kry simpel antwoorde. My pa het nie gedink ek is snaaks nie …

Ons vyf dogters se haarkleur kon wel afgewater het. Van my swart hare, na tweede oudste suster se bruin hare, na middelste se ligter bruin hare, (tweede jongste se hare is uitsondering, dit is donker bruin) na jongste se wit hare. Biologie op skool het ook bewys dat ‘n blonde baba wel uit voorgeslagte kan kom.

In elk geval ons vyf dogtertjies het die lang hare aanvaar. Sommiges van ons bly by lang hare, ander speel rond.

Soos ekke. En die jongste. Ons is seker die twee rebelle? Nie dat ons regtig is nie. Dus is ons seker die gemaklikste met verandering.

In die middel van my eerste jaar op universiteit het ek geld van Tuks gekry gebaseer op my matriekuitslae en raai waarheen is ek die middag op pad?

Na die haarkapster in Hatfield om my van my lang hare te verlos. Dit baie kort gesny die dag. My pa was baie ontevrede, maar dit is mos nie hy wat in die klas sit met hare wat in die nek gesweet het na die warm stap kampus toe nie?

Nou goed, ja, ek weet. Tussen Madelief en die kampus was daar soveel mooi groot Jakarandas dat ek selde in die son gestap het. Dit was eerder in salige koelte.

Ek was net rebels, ek wou my hare sny en dit het ek gedoen.

Die res van my lewe speel ek hierdie spel. ‘n Baie kort styl wat amper seunsagtig is.

https://christavanstadencom.files.wordpress.com/2020/02/img_6581-1.jpg?w=420

Of hare wat al langer en langer word tot dit ver oor my skouers hang. By een skool was my bynaam Pochahontas. En jy kan seker raai waarom?

https://christavanstadencom.files.wordpress.com/2020/02/img_6582.jpg?w=420

My hare hou nogal daarvan om lank en glad te wees. Ek was egter nie tevrede met die bynaam nie. Sy is ‘n sexy meisie. En juffrouens wil allesbehalwe sexy vir skoolkinders lyk. Toe sny ek my hare weer kort.

Die kort-lank-speletjie word deur haarkapsters veroorsaak. Hulle ken nie my hare nie. Of luister nie. Of sny soos Hester raai, net die style wat hulle al leer sny het. Want ek stap nooit tevrede uit nie. Of, soos Hester skryf, sny haarkapsters my hare ook soos hulle dink ek moet lyk.

En nie soos ek gevra het nie.

Gewoonlik stap ek dan ‘n arm en ‘n been armer by die salon uit, met die vreeslikste kwaad in my hart.

Bedremmeld, want dit is ek wat met die hare in die publiek moet gaan stap. Nie sy nie.

Sonder om die wortel van die kwaad aan te vat. Dié ene net die skêr.

Inteendeel, ek glimlag bedremmeld, betaal vir die dure knip en staal my vir ander se kommentaar.

Laat ek eers ‘n storie vertel.

Vertel ek op ‘n keer so vir iemand van die kwaad as my hare nie gesny is soos ek nie gevra het nie.

Toe vertel sy my dat sy omgedraai het, in die salon in is, die haarkapster gedwing het om te sit vir ‘n sny en haar hare toe bygekom het.

Nodeloos om te sê, ek het ek nie aan ons vriendskapsband gewerk nie.

Maggies, netnou doen ek ook iets waarvan sy nie hou nie.

Maar ja, ek kan haar kwaad verstaan. En nee, ek sal nooit so iets waag nie.

Terwyl hulle sny sien ek die ding aankom. Die magteloosheid. Want my hare gaan anders lyk.

Hulle knip en knip en knip en my hart maak sulke bokspringe dat ek hulle stop en keer om net seker te maak dat hulle verstaan ek dink dit is nou genoeg.

Ja, word ek verseker, hulle verstaan.

Dan word die hare droogeblaas en in vorm gekam.

En voel ek amper tevrede.

Dan kom die sizzorhands weer uit om hier te knip en daar te knip en ek sien net hare wat val en val en val. Tydens die uitdunproses.

My moed val ook, verder as wat die hare val.

En ja, Hester, ek gaan selde na dieselfde haarkapster terug.

Daar was wel een in Welkom, maar sy het agter haar kerel aan na Natal toe verhuis. En my met hare agtergelaat.

In my jong dae het die haarkapsters gereeld so na my nat hare gekyk en met ‘n vreeslike sug gevra: ”

“Genade, wie het jou hare laas gesny?” Sien?

Ek het ‘n vinnige antwoord daarvoor aangeleer:

“Jy!”

En ook so ‘n sug gegee.

Ek vermoed dit het by die opleidsters van haarkapsters uitgekom, want die vraag die afgelope jare nie gevra nie. Of nee wag, ek sal ook nou nie die stelling kan maak nie. Ek was jare laas by ‘n haarkapster.

Ek het intussen geleer om my eie hare te knip. En ek is nogal goed daarmee. Niemand dink dit is skeef gesny nie. Ek skeer mos manlief se hare ook.

Ek het in November 2019 weer die moed bymekaar geskraap om vir ‘n sny te gaan.

Ek wou ‘n Sjinese Bob hê.

Jy weet, daardie een met die lang punt voor? Dit is wat ek in gedagte gehad het.

https://christavanstadencom.files.wordpress.com/2020/02/img_6583.jpg?w=420

My hare het in die middel van my rug gehang, daar was genoeg hare om die punt te sny tot waar ek hom wou hê.

Dit het egter nie gebeur nie. Toe ek sien hoeveel hare sy agter in my nek reguit geknip het, het ek geweet daar gaan nie hare wees om vorentoe met ‘n punt te sny nie. Dit nadat sy presies op my bors seker gemaak het waar die punt moet wees.

Ek het ingedagte gesit en kyk na my seer vingers. En te kaat agter gekom sy gaan misluk.

Daardie insig het eers gekom toe ek aan my daardie haarkapster van Welkom gedink het. Sy is die enigste een wat my bob reg kon sny.

Sy het nie van agter begin en die hare daar begin sny nie.

Ek moes die swaar mantel mooi oor my skouers drapeer. Met die twee ronde punte op die regte plekke voor by mekaar. Dan het sy van voor af gesny, daar waar die punt moes wees.

Al met die ronding langs agter toe. Aan albei kante. Om ‘n perfekte langpuntbob te sny. En by haar het ek altyd tevrede uitgestap.

O, Toeks, haar naam was ook Toeks.

Nodeloos om te sê, die een in November het toe te min hare gehad om die punt mooi lank tot op my borsbeen te laat hang (eerste foto).

En raai wat vra sy toe vir my:

“Moet ons nie maar die punt afsny nie?”

Ek dog ek kap net daar om van vieswees.

Sê toe maar net: ”

“Nee, dit is dan waarvoor ek gevra het, ‘n punt?”

Enblas nie by dat dit heeltemal te kort is en heeltemal te min punt maak nie.

Drie maande later raak die punt nog nie my lyf nie en die agterste hare word effens te lank.

Ek het intussen agtergekom waarom die vrouens hier almal lang hare het.

Ek het myne laat knip omdat dit moeilik was met jasse en mussies en kappies van jasse wat oor die hare moes gaan. En hare wat in ritssluiters vasgetrek word.

Nou sal ek nie weer in die winter kort hare dra nie. Die lang hare moet maar sukkel, hulle hou ten minste nekke warm. As my mussie net effens skuif, druk die liewe yskoningin haar koue vingers daar teen sagte velletjies vas. So koud dat mens vinnig regskuif om weer warm te kry.

Ek gaan egter nie weer terug nie. Sal maar kyk hoe die hare groei en dan ‘n plan maak.

Hier kan ek nie vir ‘n vrou verduidelik hoe ek my hare wil hê nie. En prentjies werk nie.

Volgens Mia.

Mia is met prentjie in oor hoe sy hare gekleur wil hê. Die kleur was al waarna gekyk moes word.

Die vrou het alles in ag geneem. En baie lank gevat. Toe Mia naderhand vra hoe lank dit nog gaan wees, het die vrou gewys nog vyf ure!

Dit sou ‘n perm insluit. Om die krulle te kry.

Mia moes ‘n tolk kry om die probleem reg te stel. En is darem sonder ‘n perm daar weg.

So van perm gepraat. Ek het my hare dikwels laat perm toe ek jonk was.

Dan het dit in sulke golwe langer geword. En op ‘n stadium plat en glad op my kop gelê. Met die klein krulle! Dit het gehelp om my hare na ‘n slegte sny weer aan die groei te kry.

Want dit is mos waarom ons vrouens na die slagpale teruggaan? As die hare oor die ore pla, vreemd daaromheen groei. Dan laat ons sny.

Dié probleem het ek darem met ‘n skewe bob oorkom. Hulle moet nou net uitgroei!

My hare is nie regtig moeilik nie.

Hulle hou van ‘n mooi sny en bly baie lank mooi as hulle baie lank is.

Dae lank.

Ek hoef eers teen die derde dag weer hare te was. Net omdat ek wil. Nie omdat dit nodig is nie.

Kort hare is anders.

Hulle verslaap. Hulle krul die punt in die verkeerde rigting en dan moet ek maar elke dag hare was. Wat nie vir hulle goed is nie. Want hulle moet ook met ‘n GHD glad gestryk word.

My kort hare by die see of die rivier is ‘n ander nagmerrie.

As my hare water ruik, krul hulle.

As hulle seewater ruik, kroes hulle.

Ek kan maar opstaan, die warmyster uithaal en hulle glad stryk. Hulle lyk net so tot ek by die deur uitstap. En dan lyk hulle vreeslik.

Hoe langer, hoe verder staan hulle van my lyf af in afwagting vir die water wat hulle ruik of aanvoel. Asof hulle weet ek gaan nie sommer in die water in nie!

Hier in Qazaqstan het hulle ‘n nuwe truuk.

Hulle kry sekere tye van die jaar statiese elektrisiteit. En dan staan een een van my gladgestrykte haar ver van mekaar af van my kopvel af.

Asof hulle vir mekaar vies is.

En hulle plak so in die verbyloop aan alles vas. Amper soos ‘n kat wat teen alles moet skuur.

Ek vermoed ek gaan my hare maar weer laat groei.

Dit is tog hoe die vrouens hier in Qazaqstan hulle hare dra. Lank.

Dalk gaan ek nog een keer waag om ‘n haarkapster te kry wat die punt vir my skerper na agter kan sny.

Dalk sny ek dit maar doodeenvoudig weer self. Om weer reguit hare te hê. Self kan ek die hare netjies gelyk sny.

Ek sny buitendien my kuif self.

Want dit is juis ‘n kuif wat pla wat my in die eerste plek op ‘n haarkapster se stoel kan gaan laat sit.

Ek moet bysê: My hare is anders. Dit is nie oral ewe veel nie. Mens moet voor begin sny om nie uit hare te hardloop nie.

Punt is, wanneer vra ‘n haarkapster vir mens of daar enige spesifieke truuk aan jou haarsny is?

Ek is tog die een wat daarmee saamleef?

Ek is die een wat sit en kyk hoe haarkapsters knip.

Probeer soos ek wil, kan my aandag nie deur ‘n boek afgelei word nie. My vingers het my aandag die laaste keer afgelei.

Wat ek weel weet, is dat ek klaar is met kort uitgedunde hare.

Dit is daardie hare wat sukkel om weer lank te word.

En dit is die sukkel met langerwordende hare wat my weer op ‘n haarkapster se stoel kan laat beland. Want perm sal ek nie sommer weer nie.

Wat ek wel moet aanleer, is om die hare bietjie fênsie te maak as hulle lank is.

Knippies en so aan gebruik om dit op te vat. Ek koop gereeld, het ‘n verskeidenheid. Maar dra dit nie sommer nie. Dalk moet ek sommer tuis begin oefen?

Want, as ek hulle eers geknip het, lê die knippies ongebruik in die laai. Soos wanneer ek lang hare het.

Ek geniet dit om my hare self te kleur.

Daar is so grys haartjie hier en daar oor my slape, maar dit is nie die rede waarom ek dit kleur nie. Daarvoor is daar heeltemal te min grys.

My ma en pa is nog nie heeltemal grys nie, ek het nog baie jare van donker hare oor.

Ek kleur my hare omdat dit vir weke daarna blink. En daardie blink trek my soos ‘n perd se blink hare my trek.

Noem mens dit hare? ‘n Perd s’n? Pels voel baie verkeerd. Dit laat my nietemin aan perde dink want ons het kleintyd van ons poniesterte as ons perdesterte gepraat.

Ai, toe ons klein was, wou ons so graag perde hê.

Pa wou nie, het gesê perde het nie doel op plaas nie, hulle eet net en lyk mooi. Eers jare later vir ons ‘n perd gekoop. Net voor ek klaar was met skool.

En ‘n ponie.

Wat my nou aan een vreeslike dag op die plot by die verdusiekrale op Ermelo laat dink.

Ons het altyd met ons perde in die kampie van die vendusiekrale gaan ry.

Die dag het swaertjie, manlief se kleinboet, op die ponie geklim.

Die ponie het al langs die draad gehardloop. En swaertjie het met alle mag geklou om nie af te val nie, sy lyf skuins van die perd af. teen die draad.

Ons het gelag toe die Ponie stop. En hy steeds op die perd was.

Toe hy egter afklim en voor ons oor die straat stap huis toe het ons verskrik gestaan.

Van voor af was sy spierwit hemp perfek.

Agter was die hemp in flenters. Repe om presies te wees.

En bloed het uit die lang snye oor sy rug gesypel.

Daarna het ek nie weer op die ponie se rug geklim nie …

Published by Pete

Aspiring Author & Traveller.

2 thoughts on “Nare Hare

Comments are closed.

Linux Newbie - since 1996

Rule of Thumb – if you can’t install Ubuntu on it, then you can’t install any Linux Distro on it.

Kdecoration

Kdecoration Arts & Crafts Supplier

olivjay

This WordPress.com site is the cat’s pajamas

GodsReal.org

End Times News

(Metanoia)

Fan of GOD

Renard's World

My Personal Space On The Web To Post Anything That Tickles My Fancy

Linux Academy Online

Spreading Linux OS knowledge the Best-Known and Most-Used Operating System

Morag Noffke

Life is a gift, be inspired and let it happen.

The Ubuntu Incident

Ubuntu Adventures

followingmessiah.org

"Proclaiming the Message of the Kingdom and teaching Jesus (Yeshua) to the world""

It's FOSS

A Linux and Open Source Web Portal

CubicleNate's Techpad

Linux and vintage tech

Afrikaans

My Taal

Wat op aarde?

deur Elise Tempelhoff

She’s inspired

Inspired to inspire

Life...Take 2

I hope that someone sees this page and decides not to give up...

linuxworld

free online magazine

Trains and Railways with JC

An updating site of collections from around the globe

ESL Ventures

Teach ESL and Travel the World

GlamTrains

Going Somewhere Slowly

UndeniablySara

Survive Narcissistic Abuse, fight Chronic Illness, and begin to Heal.

Life Behind The Wall

Thoughts and Experiences of a Black American Woman in China

My Mapstieks

"Eendag is vandag"

ALYAZYA

A little something for you.

Bag Full of Rocks

My rocks are the memories from different adventures. I thought I would just leave this bag here.

RADIO PROPAGANDA

'If you must live all your life crawling like a worm, raise up and die!' - Jim Morrison

Dr. Christa van Staden

Trots Afrikaans

Yamato Magazine

History, pop culture and art combine in a journal dedicated to the spirit of Japan.

Woestynkind

Die wandelende opinie

TheDroidWay | Best android Apps, tricks and android apps for PC

Learn android tricks, best android apps, android apps for PC, android app reviews, android tutorials and many more

WhimSickle

A whimsical sickle.

Everything is a Miracle

You are everything You need

Think n Be Rich

Thought become things

Geloof droom skryf

Om te glo te droom en oor alles na aan my hart te skryf

Daily Keto 4U

Delicious Keto Recipes Everyday

The H2DI Group

Write Good. Blog Better.

The Happiness Nerd

Discussing Paths Towards Happiness

S O M E K I N D O F 5 0

Drawing a line through 50

Annabella's Foodblog

Voor de lekkerste bak recepten!

Lluís Bussé

Art | Culture | Photography | Poetry

Ana Seas The Day

Your Personal Travel Coach. Grow Through Travel

Telling Hearts

Evangelical Christian sisters telling it... messy, true, and WONDERFUL because we are His

Endless Roaming

Australian Traveller that loves to "Roam" our globe, creator of ENDLESSROAMING.COM sharing the experience through word and photography. Currently residing in my home of Newtown Sydney but hope to be back on the road late 2020. Feedback / questions are more than welcome, happy travels

Chocoviv’s Lifestyle Blog

Mommy blogger, who loves to share what she loves!

Reymon de Real Photography

Amateur photography by a professional Physical Therapist!

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: